Dagstuk – Mei 2011
“Volg My … Volg jý My” (Joh 21:19, 22, OAV)
Gister het ons stilgestaan by hierdie ongelooflike gedagte: dat God besluit het om in ons te woon en ons ‘n tabernakel te maak van sy Teenwoordigheid. Maar dit gebeur nie net sommer so nie. Alvorens jy ‘n tabernakel kan word, vra dit van jou ‘n bepaalde keuse, en dis ‘n keuse wat die res van jou lewe radikaal sal beïnvloed. Voor ons na die verskillende afdelings van die tabernakel gaan kyk, en bepaal watter betekenis dit vir ons verhouding met God het, moet ons eers stilstaan oor die proses wat dit voorafgaan. Toe Jesus na die eenvoudige vissermanne gestap het wat Hy geweet het sy dissipels moes word, het Hy hulle bloot in die oë gekyk en gesê: “Volg My.” Hy het omgedraai en hulle het hom gevolg. Sonder ‘n gesprek, of voorwaardes, of navrae oor byvoordele. Hy het dieselfde met Levi, die tollenaar, gedoen. Later kom Hy by ‘n ryk jong man, kyk hom en kry hom lief, en sê: “Volg My.” Die seun was egter te verknog aan sy huidige lewe en baie besittings en kies toe om Hom nié te volg nie. Nadat Jesus vir Simon Petrus gesê het: “Volg My,” en hy met Jesus redeneer oor ‘n ander dissipel se doen en late, spreek Jesus hom skerp aan: “Wat gaan dit jou aan? …
Volg jý My.” Só dikwels is ons meer begaan oor hoe ander mense hul verhouding met God lei, dat dit ons wandel met Hom geweldig beïnvloed. Ghandi, al was hy ‘n Hindu, het die Nuwe-Testamentiese leefstyl van Jesus – veral soos Hy dit in die Saligpredikinge (Mat 5) uitgespel het – aanvaar en dit geleef, maar hy het pertinent gesê dat hy as gevolg van Christene nie Christus kan dien nie. En baie van ons het al die beskuldiging gehoor: As dít is soos ‘n Christen is, wil ek liewers nie ‘n Christen wees nie. Ons beoordeel God op grond van hoe ander mense Hom dien, en dikwels staan dit ons nie aan nie – hul godsdienstige uitlewing lyk skynheilig, of oordrewe, of vreemd, of wat ook al. Ons beoordeel God aan sy ground crew, en dit is totaal onsinnig.
Hierdie roep van God na jou, is ‘n individuele saak: Jý, volg jý My.
- Sela: Skryf die getuienis in jou joernaal neer van hoe jy Christus se roep gehoor het. As jy dit nog nie vroeër gehoor het nie, is dit nou die tyd om Hom te vra dat Hy jou ore oopmaak om te hoor. (Vgl Gen 3:9, Jes 45:3 en Open 3:20) Vra vergifnis dat jy dikwels jou wandel met God vergelyk met ander en daarom nie in jou unieke eie wandel met Hom kon loop nie.
- Lees: Gen 3: Ps 3; Joh 3
- Memoriseer: Joh 3:3, 16-17
Tom Gouws www.elijahafrica.com
Vader ek wil U volg dis my hartsbegeerte, help my om my verhouding met U persoonlik te maak en nie te meet aan ander, Amen
“Volg My … Volg jý My” (Joh 21:19, 22, OAV)
Gister het ons stilgestaan by hierdie ongelooflike gedagte: dat God besluit het om in ons
te woon en ons ‘n tabernakel te maak van sy Teenwoordigheid. Maar dit gebeur nie net
sommer so nie. Alvorens jy ‘n tabernakel kan word, vra dit van jou ‘n bepaalde keuse, en
dis ‘n keuse wat die res van jou lewe radikaal sal beïnvloed. Voor ons na die verskillende
afdelings van die tabernakel gaan kyk, en bepaal watter betekenis dit vir ons verhouding
met God het, moet ons eers stilstaan oor die proses wat dit voorafgaan.
Toe Jesus na die eenvoudige vissermanne gestap het wat Hy geweet het sy
dissipels moes word, het Hy hulle bloot in die oë gekyk en gesê: “Volg My.” Hy het
omgedraai en hulle het hom gevolg. Sonder ‘n gesprek, of voorwaardes, of navrae oor
byvoordele. Hy het dieselfde met Levi, die tollenaar, gedoen. Later kom Hy by ‘n ryk
jong man, kyk hom en kry hom lief, en sê: “Volg My.” Die seun was egter te verknog aan
sy huidige lewe en baie besittings en kies toe om Hom nié te volg nie.
Nadat Jesus vir Simon Petrus gesê het: “Volg My,” en hy met Jesus redeneer oor
‘n ander dissipel se doen en late, spreek Jesus hom skerp aan: “Wat gaan dit jou aan? …
Volg jý My.”
Só dikwels is ons meer begaan oor hoe ander mense hul verhouding met God lei,
dat dit ons wandel met Hom geweldig beïnvloed. Ghandi, al was hy ‘n Hindu, het die
Nuwe-Testamentiese leefstyl van Jesus – veral soos Hy dit in die Saligpredikinge (Mat 5)
uitgespel het – aanvaar en dit geleef, maar hy het pertinent gesê dat hy as gevolg van
Christene nie Christus kan dien nie.
En baie van ons het al die beskuldiging gehoor: As dít is soos ‘n Christen is, wil
ek liewers nie ‘n Christen wees nie. Ons beoordeel God op grond van hoe ander mense
Hom dien, en dikwels staan dit ons nie aan nie – hul godsdienstige uitlewing lyk
skynheilig, of oordrewe, of vreemd, of wat ook al. Ons beoordeel God aan sy ground
crew, en dit is totaal onsinnig.
Hierdie roep van God na jou, is ‘n individuele saak: Jý, volg jý My.
? Sela: Skryf die getuienis in jou joernaal neer van hoe jy Christus se roep gehoor het. As jy dit nog
nie vroeër gehoor het nie, is dit nou die tyd om Hom te vra dat Hy jou ore oopmaak om te hoor.
(Vgl Gen 3:9, Jes 45:3 en Open 3:20) Vra vergifnis dat jy dikwels jou wandel met God vergelyk
met ander en daarom nie in jou unieke eie wandel met Hom kon loop nie.
? Lees: Gen 3: Ps 3; Joh 3
? Memoriseer: Joh 3:3, 16-17
Tom Gouws www.elijahafrica.com
Vader ek wil U volg dis my hartsbegeerte, help my om my verhouding met U persoonlik te maak en nie te meet aan ander, Amen
Jul Boodskappe: